Fish Paste
Mix 1 tin john west mackrel in oil with a tin john west sardines in oil and about 3 john west anchovies…blend well and serve
Mix 1 tin john west mackrel in oil with a tin john west sardines in oil and about 3 john west anchovies…blend well and serve
(maak 3 – 4 )
½ k koekmeel
½ k bruismeel
¼ k karringmelk
¼ k groente-olie
¼ t sout
Meng al die bestanddele saam totdat dit ’n deeg vorm en knie 5 minute.
Laat rus 15 minute.
Maak 3 of 4 balletjies ongeveer so groot soos ’n gholfbal. Sit op meelbestrooide oppervlak.
Druk die deeg plat en rol dan met roller tot baie dun en ongeveer 5 cm wyd en 25 cm tot 30 cm lank.
Sny die kante reguit. Sit die vulsel op ’n hoek en vou in driehoekies toe soos hiernaas met die filodeeg.
Bak 15 tot 20 minute in voorverhitte oond teen 200°C in ’n gesmeerde oondpan.
maak 1 x 32 cm-terrien
Koek:
280 g (500 ml) koekmeel
400 g (500 ml) suiker
80 g (200 ml) kakao
10 ml bakpoeier
2 eiers
5 ml sout
250 ml karringmelk
250 ml sonneblomolie
5 ml vanieljegeursel
250 ml kookwater
Sjokolademousse:
4 eiers, geskei
155 g (130 ml) strooisuiker
12,5 ml brandewyn/sterk koffie
100 g 70%-donkersjokolade
100 g (110 ml) ongesoute botter, in blokkies gesny
Ganache:
100 g 70%-donkersjokolade
125 ml room
Verhit oond tot 150 °C. Voer ’n bakplaat van 33,5 x 23,5 x 1,5 cm uit met bakpapier. Spuit met kleefwerende kossproei. Plaas al die bestanddele van die koek-mengsel in die mengbak van ’n elektriese menger. Meng goed teen medium-spoed. Gooi mengsel in pan en plaas in oond. Bak 1 uur. Toets met dun pennetjie om seker te maak dis gaar – pennetjie moet skoon uitkom. Haal uit en laat eers sowat 10 minute afkoel in pan. Keer versigtig uit op afkoelrak en laat verder afkoel. Voer ’n terrienbak van sowat 32 cm of ’n broodpan uit met kleefplastiek. Sny ’n stuk van die afgekoelde koek af wat groot genoeg is om onderin die terrienbak te pas, plus nog ’n stuk wat netjies bo-op die mousse-vulsel sal pas. Hou eenkant.
Sjokolademousse:
Klits die eiergele en strooisuiker in ’n elektriese menger tot dik en lig van kleur. Klits die brandewyn of koffie by. Hou eenkant. Bring ’n kastrol met water tot kookpunt. Haal af van hitte. Breek sjokolade in stukkies en plaas in mengbak wat oor die kastrol sal pas. Plaas mengbak bo-op kastrol en laat sjokolade smelt. Wanneer gesmelt, klits die botter blokkie vir blokkie by om ’n gladde room te vorm. Klits die sjokolademengsel by die eiergeel-ensuikermengsel. Klits eierwitte styf en vou in by die sjokolade-eiermengsel. Skep nou die sjokolademousse bo-op die laag koek onderin die uitgevoerde terrienbak. Bedek met tweede laag. Maak bak toe met kleefplastiek en plaas oornag of vir minstens 8 uur in die yskas.
Ganache:
Breek sjokolade in stukke. Plaas room in ’n kastrol en verhit, maar moenie laat kook nie. Gooi warm room oor sjokolade en laat smelt. Laat effens afkoel. Haal terrien versigtig uit bak en plaas op opdienbord. Sit ganache voor saam met terrien.
150 g rissies
2 liter wit asyn (ordentlike soort)
2 kop suiker
150 g sout (hoeveelheid is reg so)
100 g geskilde knoffelhuisies, gekneus
METODE:
Skep al die bestanddele in ‘n glashouer. Laat trek 2 weke.
Verpulp. (Pitte kan uitgehaal word voor jy dit verpulp – dan bietjie minder sterk)
Gebruik oor alles.
Bestanddele
225g halloumi, blokkies om klein
50 g baby rocket blare, fyngekap
100g feta, gekrummel
190g bruismeel
25g botter, gesmelt
175ml melk
1 medium eier, liggies geklits
swartpeper
Voorverhit oond tot 190 * C
Smeer twee mini brood pannetjies met botter,
Verhit ‘n swaar bodem pan en braai die halloumi blokkies tot mooi goudbruin
Verwyder uit die pan en laat afkoel
In ‘n medium bak sif die meel en voeg ‘n klomp gemaalde swartpeper by
In ‘n beker klits die botter, melk en eier
Gooi die melk mengsel by die meel en roer net ‘n paar keer om te meng. Moenie dat die paar klonte jou pla nie
Vou in die halloumi , feta kaas en rocket blare in by die mengsel
Verdeel die mengsel tussen die twee brood pannetjies
Maal nog ‘n klompie swartpeper bo-oor elkeen
Bak vir ongeveer 30 minute of tot gaar en goudbruin
Verwyder uit die oond en keer uit op ‘n afkoelrak
Geniet warm
MENG SAAM
kop suiker
2 eiers
2 el asyn
1 desertlepel appelkooskonfyt
VOEG BY:
1 kop meel
1 tl bakpoeier
sout
1 kop melk gemeng met 1 tl koeksoda
Bak op hoog vir 12 minute.
BESTANDELE SOUS:
1 kop ideal melk
1 kop gekookte water
125 g margarien
1 kop suiker
Meng saam en verwarm in oond vir 3 minute.
Gooi oor poeding terwyl warm en bedien met roomys of vla.
4 K melk
4 eiers
1 eetlepel gelatine
1koppie suiker
smelt gelatine met kookwater
skei eiers en klits geel
kook melk en voeg die geklitste geel by en laat vinnig opkook
Haal van die hitte af.
klits wit van die eier styf met die suiker en voeg by kook mengsel saam die gelatine
gooi in glas bak en sit in yskas tot styf
2K Meel
4t Bakpoeier
1/2t Sout
2E Suiker of 5E As julle dit lekker soet wil hê
4E Botter
4/5K Melk
Metode:
Sif droë bestandele. Vryf botter in. Voeg melk by. Sny in met plat mes. Rol uit met koekroller. Druk vorms uit. Bak teen 160° vir so 10 na 15 minute. Hang af hoe vinnig die oond is of bak tot deeg bruin word.