BASIESE BROODRESEP

image_pdfimage_print

BESTANDDELE

Gebruik 1kg witmeel of bruinmeel of volgraanmeel soos verkies.

10 gm droë gis + 20ml sout + 10ml suiker

20 g harde margarien of botter

625 ml sterk louwarm water

METODE

Meng die meel, sout, suiker en gis deeglik

Vryf die margerien/botter in

Voeg die louwarm water by en knie die deeg tot dit sag en elasties is.

Plaas die deeg op ‘n meelbestrooide oppervlak, bedek en laat vir 20 minute rus – maak seker dat dit nie koud raak nie.(plaas in matige lou ound of koelhouer met warmsak)

Knie af en verdeel in twee gelyke dele en plaas in twee gesmeerde broodpanne. (225mmx125mmx60mm)

Indien die panne groter of kleiner is kan die hoeveelhede van die bestanddele aangepas word. Die deeg moet ongeveer die panne tot in die helfte volmaak.

Bedek die panne met ‘n plastiese sak en laat rys in ‘n warm plek tot die deeg verdubbel het in grootte. Indien die temperatuur reg is neem dit ongeveer 40 minute.

Bestryk met louwater en bak in ‘n oond wat vooraf tot 200˚C verhit is. Na ongeveer 45 minute behoort die brood klaar gebak te wees afhangende van die pangrootte. As dit hol klop en ligbruin bo is, is dit gaar. As dit moeilik uitkom uit die panne help dit om dit vir ‘n paar minute te laat staan sodat dit sweet. Dop dit dan uit op ‘n broodplank en laat afkoel. Vir ‘n harde korsie net so oop en vir ‘n sagte korsie bedek dit met skoon vadoeke of handdoekrol met plastiek bo-oor.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *