Bolognese-gnocchi

image_pdfimage_print

10550997_10150404839184944_8796446086177923623_n

Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: 25 minute

• 20 ml olyfolie
• 1 groot ui, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, fyngedruk
• 1 groen soetrissie, pitte verwyder en gekap
• 400 g maer beesmaalvleis
• 1 blik gekapte tamaties
• 15 ml tamatiepasta
• 5 ml gemengde Italiaanse kruie
• 1 pak gekoopte aartappel-gnocchi, gaargemaak en gedreineer
• parmesaan en vars basilie, om voor te sit
• slaai, om voor te sit

1 Verhit die olie. Voeg die ui by en soteer vir ’n minuut. Voeg die knoffel en soetrissie by en soteer vir nog 30 sekondes. Voeg die maalvleis by en roerbraai vir vyf minute.

2 Voeg die tamatie, tamatiepasta en kruie by. Prut vir 15- 20 minute.

3 Voeg die gnocchi by en prut vir nog drie minute. Sit voor met parmesaan en basilie bo-oor gesprinkel en ’n lekker vars slaai.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *