DALENE SE VLEISPASTEITJIES

image_pdfimage_print

DALENE SE VLEISPASTEITJIES

Ons het baie jare grootmaat, dan bedoel ek soos in 100dosyn op ‘n slag, pasteitjies gebak vir fondsinsameling. Ons het hierdie resep gebruik
DALENE SE VLEISPASTEITJIES

(Deeg)
12 k Koekmeel
2 t Sout
5 t Bakpoeier
3 Eiers
2 Eetlp Wit Asyn
750g Margarien
Rasper margarien in meel, sout en bakpoeier.
Voeg genoeg water by asyn om 350ml te maak en klits eiers by. Meng met meel. Bak 25 min by 230°C.
Lewer 11 dosyn. Vries rou en bak soos benodig.
Ons het destyds nog die ‘panelite’ tafels gehad in die kombuis en die hele tafel vol deeg uitgerol.
Dan het ons stroke deeg in die lengte van die tafel gesny, vulsel ingesit in die hele strook en toegerol. Dan het ons ‘n mosterdpoeierblikkie gebruik om die lengte af te merk sodat almal ewe lank is.

Vulsel:
2 kg Maalvleis
2 kg Aartappels
2 eetl Steak & Tjops
2 tlp Sout
½ kg Gemengde groente

Kook vleis gaar en droog en voeg gaar groente en aartappels by. Maak goed fyn.
Ons het sommer deur die vleismeule gemaal, of as ek minder maak het ek die voedselverwerker gebruik. Ons het dan die koekiespuit gebruik om die vleis op die deeg te sit, daarom moes dit redelik fyn wees. As jy ‘n teelepel gaan gebruik kan die vulsel maar growwer. wees. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/…

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *