Elsa se hoenderpastei

image_pdfimage_print

10671449_328460784001571_8649060495169926561_n

Elsa van Huyssteen

Ek het gebruik vir die groot pyrexbak:

6 hoenderborsies – ontbeen en fyngesny (hou eenkant)
800 ml van die hoenderaftreksel in die pot gelos en toe die volgende bygevoeg:
Half koppie geweekte en toe afgespoelde sagokorrels – kook dit oor baie lae hitte in die hoenderaftreksel tot deurskynend

Voeg dan by:
Pakkie Cream of Chicken soppoeier
1 t fyn neut (ek gebruik botteltjie neut)
1 t fyn naeltjies (ek gebruik botteltjie) – die resep se eintlik 8 heel naeltjies
1 teelepel varsgemaalde swartpeper – die resep se eintlik 8 swartpeperkorrels
2 eetlepels Woestersous
2 eetlepels suurlemoensap

Eenkant het ek 2 fyngekapte uie gebraai in 2 eetlepels botter en toe sommer 2 groot handevol gemengde groente bygevoeg en half teelepel fyngekapte knoffel

Gooi nou alles by die sagomengsel in die pot, maar moet nie weer kook nie! Rol dan die skilferkorsdeeg effens dunner uit en sit op mengsel en bak by 400grade vir so 25 minute (hang seker af van jou stoof, myne het 25 minute gevat)

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *