ELSA SE VRUGTEKOEK

image_pdfimage_print

ELSA SE VRUGTEKOEK – KAN IN GROOTKOEK GEBAK WORD OF IN MUFFIN TIPE KOEKIES OF IN TUNABLIKKIES VIR INDIVIDUELE GESKENKIES:

KOOK SAAM IN MIKROGOLFOOND VIR 10 MINUTE (NA 5 MINUTE MAAK EK MIKROGOLF OOP EN ROER DIE MENGSEL LEKKER DEUR):
500gr vrugtekoekmengsel (Safari droevrugte)
Pakkie pitlose dadels – opgesny
100 gram rooi kersies – opgesny
100 gram groen kersies – opgesny
100 gram gekapte okkerneute of pekanneute – opgekap
50 gram lemoenskil
1 koppie bruinsuiker
125gr botter (nie margarien nie)
3 hoogvol eetlepels kitskoffie (ek gebruik net Jacobs of Nescafe Classic)
1 koppie kookwater

Sodra hierdie mengsel na 10 minute uit die mikrogofoond gehaal word, voeg jy 5 ml koeksoda by en roer die mengsel goed deur. Dit sal baie skuim, maar dit is normaal.

Voeg nou die volgende bestandele by:
Half telepel elk, kaneel, sout, gemengde speserye, gemmerpoeier – meng deur
Voeg nou by 500 ml (2 koppies) bruismeel (nou meng jy NIE aan die beslag nie) – klits 2 jumboeiers en gooi dit oor die hele beslag en dan meng jy met houtlepel deur tot NET gemeng! Dit is net paar vinnige swaaie met die houtlepel – niks meer nie!

Ek bak hierdie koek net in die mikrogolf vir 30 minute en dit word soos volg gedoen:
Stel jou mikrogolfoond op mediumhitte en neem ‘n piering in draai dit om – dit wil se, die agterkant van die piering wys na bo. Sit dit in die middel van die glasbord in die mikrogolfoond. Nou vat jy ‘n groterige mikrogolfkoekpan (rond) of ronde diep glasbak en bespuit dit met spray en cook. Neem kombuisrolpapier en sny dit so groot soos die bak se boom – ek vat altyd die papier en sit die bak daarop neer en met pen trek ek die bak daarop af en sny dit dan uit. Sodoende pas die papier reg in die bak. Sit nou die papier in die bodem en spit die papier ook met spray en cook. Nou die beslag van die koek in die bak en maak net gelyk bo-op en in die oond en bak vir 30 minute (moenie die oond oopmaak nie)! Na die 30 minute sal die oond afgaan (stop), maar moet nog nie die oond opmaak nie – die koek moet nog minstens 10-15 minute in die oond bly!

Kry intussen die volgende gereed – stukkie kombuispapier +2 eetborde en lekker langerige stuk foelie plus 250 ml brandewyn (ek gebruik NIE gewone brandewyn soos KWV, Richelieu of daardie tipe brandewyn nie – die brandewyn wat ek hier gebruik is Cape Hope – dit is meer ‘n blended brandewyn en is nie so erg sterk nie! Jy kan een van die ander tipes gebruik, maar nie ek nie! Right, die 10 -15 minute is nou verby en nou haal jy die vrugtekoek uit die mikrofolfoond en vat die kombuispapier en plaas dit oor die bak – sit bord bo-op die bak en nou moet jy vinnig werk – draai die bak vinnig om en die vrugtekoek gly uit op die bord! Trek die kombuispapier af van die koek en plaas nou die foelie bo-oor die koek en die 2de bord bo-op die foelie en draai die hele gedoente nou weer vinnig om – dit wil se, die foelie is nou onder die koek! Gooi nou die 250ml brandewyn dadelik oor – dit gaan so ‘n diep slurpgeluid maak soos dit die brandewyn absorbeer. DRAAI DIE KOEK DADELIK IN DIE FOELIE TOE, MAAR MOENIE IN ENIGE BLIK BERE TOT HEELTEMAL YSKOUD NIE!!

Wanneer die koek yskoud is, draai ek dit goed in kleefplastiek toe en bere dit of in koekblik of dit kan ook in die vrieskas gehou word. In die gewone koekblik kan jy dit maklik vir > 6 maande bere, want hoe langer dit staan, hoe lekkerder word hy! Die koek is geensins droog nie en hoef GEEN ekstra brandewyn oor te kry nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *