FLIPPEN LEKKA GEBRAAIDE AARTAPPELS

image_pdfimage_print

aartappels

(Tested) baie lekkerrrrrr

750ml Kookolie
750ml koue water
8 tot 12 Medium grootte aartappels geskil en halfeer.
Plaas koue olie en koue water bymekaar in pot.
Voeg die heel aartappels by en plaas deksel op.
Plaas op stoofplaat op hoogste stelling.
Kook vir sowat 45 minute.
Verwyder deksel en braai vir nog sowat 15 minute.
Op hierdie stadium het al die water reeds verdamp.
MOET NOOIT ROER NIE.
Verwyder uit olie en besprinkel met Flippen Lekka Spice. (of enige lekker spice bo-oor)
Die aartappels sal vir ten minste nog ‘n uur lank “crispy” bly.
Moenie bang wees dat die storie sal vlamvat nie. Slegs wanneer jy koue water by warm olie gooi sal dit brandslaan.

Bron: Flippen Lekka Spice

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *