Gammon

image_pdfimage_print

10868250_746192782137062_7121998748052714457_n

Hier is ‘n heerlike Gammon resep met ‘n glaseersel wat dit pragtig laat lyk op enige Kerstafel as jy hierdie Kersfees ook familie en/of vriende onthaal.

(Resep is ideaal vir iemand wat vir die eerste keer ‘n gammon wil probeer maak.)

3 kg ontbeende Gammon
1 ½ L vars appel-, pynappel of lemoensap
2 wortels in growwe blokkies gesny
2 uie
Naeltjies
4 Lourierblare
Knoffel na smaak
3 stukke steranys (opsioneel)
12 peperkorrels

Glaseersel
50g donkerbruin suiker
60 ml Dijon mosterd
15 ml appelasyn
2 ml fyn wonderpeper (opsioneel)
1 ml fyn neutmuskaat
10 ml gemmer

Sit die ham in die oondroosterpan, met die vet kant na bo. Voeg sowat 1 ½ liter water of sap by saam met die speserye en groente. Bedek die pan met foelie (blink kant na onder). Bak by 160 grade vir 30 min. per 500 gram.

Skep 125 ml van die sap waarin die ham gekook het in ‘n kastrol om die glaseersel te maak. Voeg die res van die bestandele vir glaseersel by en roer oor matige hitte tot die suiker opgelos het. Stel die hitte laer en prut vir 2 minute.

Plaas ham in ‘n roosterpan en verwyder die tou wat rondom die ham is. Smeer nou die glaseersel sous bo-oor die ham. Gooi ‘n bietjie van die sap mengsel op die boom van die pan en bak vir 30 min..
Haal uit die oond en laat staan vir 10 min. voor jy dit sny

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *