GEMMER KOOKPOEDING OPPI STOOF

image_pdfimage_print

10538609_10202409171173007_5961110564536274068_n

Probeer gerus vir Sondag nagereg:
Deeg:
1 kop meel
1/2kop melk
1eetl botter
2 eetl appelkooskonfyt
1tl koeksoda aangemaak met bietjie melk
Stroop:
2 kop water
1 kop suiker
1/2 tl gemmer
Bring die sous tot kookpunt in ‘n groot pot met deksel.
Meng botter en konfyt. Voeg sout en meel by en dan die koeksoda
Skep lepels vol in kokende stroop. Sit deksel op en prut oor lae hitte vir 15minute
Moenie die deksel afhaal voor 15 min verby is nie.
Bedien warm met lekker vla of roomys.
Paar idees: vervang die gemmer met kaneel, die appelkooskonfyt met stroop of gebruik bruinsuiker ipv wit suiker

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *