Gestolde komkommer slaai

image_pdfimage_print

10857883_833264283391906_1513413152311255244_n

Hierdie is ‘n heerlike slaai ring om te bedien saam ‘n groot braai, spitbraai of saam aansit familie ete! Ons maak dit altyd vir kersfees!
Gestolde komkommer slaai
Benodig:

– 1 pakkie groen jellie
– 1 teelepel jelatien
– 250 ml mayonaise
– 190 ml kook water
– 65 ml suurlemoensap
– 1 engelse komkommer (geskil en gerasper)
– 1 klein ui gerasper
– sout na smaak

Metode:

1. Plaas komkommer in sif om al die sap af te drein.
2. Los jellie en jelatien op in kook water
3. Voeg suurlemoens sap en ui by die jellie.
4. Sit in yskas tot effens gestol.
5. Vou mayonaise in by die jellie, en dam die komkommer.
6. Gooi dit in jou vorm en laat stol.
7. Berg in koelkas tot opdiening!
8. Keer uit op bord, versier met tamatie, soetrissie.

Gestolde komkommer Slaai

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *