Gestoomde Strooppoeding

image_pdfimage_print

???????????

olie vir smeer
125 ml (½ k) gouestroop
125 g botter
125 ml (½ k) strooisuiker
2 eiers
375 ml (1½ k) bruismeel
160 ml (⅔ k) melk
roomys om mee voor te sit

Smeer ’n 1 L-keramiekpoedingbak of -emaljebak met die olie. Skink die stroop op die bodem.
Klop die botter en die suiker saam tot bleek en romerig. Voeg die eiers een op ’n slag by en klits goed ná elke byvoeging. Roer die meel en melk by.
Skep die mengsel in die bereide bak en maak die bokant glad. Bedek die bak met moeseliendoek en maak ’n losserige knoop aan die bopunt.
Plaas die bak in ’n groot pot. Gooi gekookte water in die pot tot by die halfpadmerk van die bak. Kook 2 uur oor matige hitte met die deksel op of tot ’n vleispen skoon uit die middel van die poeding kom. Laat staan 5 min. eenkant en dop uit. Sit voor met die roomys.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *