HEEL GEBAKTE BLOMKOOL

image_pdfimage_print

1620467_842999659064163_4287812224515110315_n

Ek het ‘n versoek gehad vir ‘n heel gebakte blomkool-resep met joghurt en kaas – ek het gesoek vir een met joghurt, maar ek kon nie regtig een kry wat vir my lekker gelyk het nie. Hierdie een met mosterd en mayonnaise lyk egter heerlik en ek gaan hom beslis binnekort probeer.

1 heel blomkool, skoongemaak en afgewas
125 ml mayonnaise
125 ml Dijon mosterd
500 ml gerasperde Cheddar

Plaas die blomkool in ‘n glasbak en bedek met kleefplastiek. Prik een of twee gaatjies in en stoom in die mikrogolf vir ongeveer 8 minute (afhangende van hoe sag jy jou blomkool verkies). Haal die blomkool uit en plaas op ‘n gesmeerde bakplaat. Meng die mayonnaise en mosterd en verf ‘n dik laag reg rondom die blomkool. Gebruik jou hande en pak die kaas stewig rondom die blomkool vas (dit is waarom dit ‘n dik laag mayonnaise moet wees, sodat die kaas makliker daaraan kan vaskleef). Plaas die blomkool onder die rooster element van die oond en rooster tot die kaas gesmelt en goudbruin is. Sny in stukkies net voor opdiening.

8 Porsies = 85g/Porsie * 483kJ * Total Fat 7g * Protein 6g
Total Carbs 6.7g * Net Carbs 5.3g

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *