HEMELSE KAASBROOD

image_pdfimage_print

HEMELSE KAASBROOD: [BAK EN BROU]
My ma het baie hierdie brood gebak as ons gebraai het, dis vinnig en baie smaakvol!
BESTANDDELE:
Lewer een brood
500g bruismeel
500ml karringmelk
5ml sout
375ml gerasperde cheddar
1t gedroogde pietersielie
5ml mosterd poeier
5ml Aromat
½ pakkie dik wit uiesop
MAAK SO:
Meng al die bestanddele saam 1k kaas.
Gooi in ’n broodpan.
Strooi die res van die kaas bo-oor en bak in ’n voorverhitte oond van 190°C vir 45min.
Wag totdat die brood afgekoel het voordat hy uitgekeer word.
Hy moet heeltemal op kamertemperatuur wees voordat hy voorgesit word.
Bedien saam botter.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *