Hoender-en-koolslaai

image_pdfimage_print

1622097_10203893080142767_732499265563111530_n

Manda Kahts Badenhorst

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 5 minute
Gaarmaaktyd: 5 minute

SLAAI
50 g gesplinterde amandels
45 ml (3 e) sonneblomsade
4 gaar hoenderborsies, in stukkies gesny
350 g wortelenkoolmengsel
4 radyse, in skywe gesny
SLAAISOUS
30 ml (2 e) sojasous
30 ml (2 e) bruinsuiker
45 ml (3 e) appelof
rysasyn
45 ml (3 e) kanolaolie

SLAAI Rooster die amandels en sonneblomsade in ’n droë pan tot effens bruin. Hou eenkant.
Meng die ander slaaibestanddele liggies.
SLAAISOUS Klits die slaaisousbestanddele en giet oor die slaai. Meng liggies deur.
Strooi die neute en sade oor en sit voor.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *