HOENDERSLAAI WRAPS

image_pdfimage_print

10672434_842975965733199_8544393476541695467_n

Blaarslaai “wraps” is een van my LowCarb gunstelinge – mens mis nie eers die taai deeg wraps as jy eers gewoond geraak het aan vars en krakerige blaarslaai nie. Party mense rol dit op, ander maak net bakkies met die blaarslaai – dit is ‘n wenner elke keer.

500 ml gaar hoender, in klein stukkies gesny
2 seldery stele, dun skyfies gesny
3 gherkins, in klein stukkies gekap
½ ui, fyn gekap
125 ml mayonnaise
groot, heel slaaiblare vir opdiening.

Meng die hoender, seldery, gherkins, ui en mayonnaise goed saam. Geur met sout en peper. Skep van die mengsel binne-in ‘n groot slaaiblaar en rol dit toe.
4 Porsies = 222g/Porsie * 1743kJ * Total Fat 28g * Protein 35g
Total Carbs 5.3g * Net Carbs 4g

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *