Karringmelkbeskuit
2 Baksels karringmelkbeskuit gebak gister en oornag gedroog.
Gee pakke 5×20 stukke, nog pakkie met 15 stukke en dan sommer 3 pakke “off cuts”!
Alles sommer vir die huis gebak:
1 Baksel se bestandele:
SMELT IN POT OP STOOF EN LAAT HEELTEMAL AFKOEL DAARNA:
500gr Botter/margarien/Stork Bake – ek het Stork Bake gebruik
500ml Amasi of karringmelk – ek het Amasi gebruik
10ml kremetart
5ml sout
2x250ml suiker
As die vloeistof afgekoel het, klits 4 eiers en meng in die vloeistof in.
DROE BESTANDELE:
1,5kg bruismeel
2x250ml gewone koekmeel
2 teelepels bakpoeier
Meng alles deurmekaar en druk in beskuitpanne met snyers – maak 60 stukke beskuit of rol in bolletjies en bak vir 1 uur by 180 grade en droog by 100 grade uit oornag.
Leave a Reply