Kerrie en appelkoos Varktjops

image_pdfimage_print

 

10403676_809413469099109_4954251262627148094_n

Kerrie-appelkoos varktjops ~ deur: chefsharkie
1 koppie gladde appelkooskonfyt
1 el balsamic asyn
10 ml kerriepoeier
rooipeper na smaak
sout na smaak
4 varktjops, sonder die been (± 200 g elk)
Cooking Spray of olyfolie
Meng die appelkooskonfyt en die asyn en hou dit eenkant.
Meng die kerrie, sout en rooipeper en vryf die tjops in daarmee, aan beide kante, Laat staan vir min 30 min
Verhit ‘n pan oor medium hitte en braai die vark vir 5 to 10 minute aan ‘n kant.
Verwyder die vark en hou dit warm. Verhoog die hitte en voeg die appelkooskonfyt mengsel by. Sodra dit kook, laat goed borrel vir 30 sekondes. Sit varktjops terug in sous, en laat alles goed saam borrel, draai om en giet die sous oor die tjops , braai tot begin karamel. Bedien dadelik !!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *