Kerrie perskes

image_pdfimage_print

10484040_10153693547181900_5389063715381156208_n

Koringslaai met Kerrie Perskes: 200gram koring, 50ml olie, 1grt soetrissie gekap, 3ml borrie, 6ml matige of sterk kerrie na smaak, 1grt ui gekap, 1grt blik perskes gedreineer, 25ml bladjan,25ml suiker, 25ml asyn, Metode: Kook die koring tot gaar en spoel af. Meng die ui, soetrissie en perske stukkie met koring. Meng die sous best in houer tot suiker gesmelt is. Gooi oor slaai en meng goed.

Kerrie Perske slaai: 1grt blik perskes skywe gesny of gesnipper, 2 uie dun skywe gesny, 2tel matige kerrie, 125ml asyn, 125ml suiker. ±2 eetlep stroop van die perskes. Metode: Braai ui tot sag en deurskynend. Voeg die ander best behalwe die perskes by. Laat die stroop, uie, kerrie mengsel effens dik kook. Koel af en gooi oor die perskes. Heerlik by vleis geregte. .

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *