Kerriehoenderslaai met lietsjies

image_pdfimage_print

10665105_10152753499690281_2052317634577415504_n

’n Mondwaterlekker slaai wat sy plek as ete kan volstaan.

Jy kan die slaaisous afsonderlik voorsit, of die hoender daarmee aanklam voor jy dit op die blare skep – die sous maak hierdie slaai.

■ 6 hoenderborsies, sonder vel of been
■ Sout, vars gemaalde swartpeper en hoenderspeserye na smaak
■ Olie, vir braai
■ 350 g slaaiblare, grof geskeur
■ Sowat 20 lietsjies, afgeskil, ontpit en grof gekap (of gebruik geblikte lietsjies)
■ 1 ui, gehalveer en in baie dun skyfies gesny
■ Hand vol geroosterde, gesoute makadamia- of Brasiliaanse neute, grof gekap

Slaaisous
■ 20 ml kerriepoeier
■ 125 ml mayonnaise
■ 125 ml natuurlike jogurt
■ 60 ml vrugteblatjang
■ 10 ml gerasperde vars gemmer

Kap die hoenderborsies effens platter met ’n vleishamer en geur aan albei kante met sout, peper en speserye. Verhit ’n klein bietjie olie in ’n swaarboompan en braai die borsies tot deurgaar. Laat rus vir ’n paar minute en sny in repies.

Maak die slaaisous:
Klits al die bestanddele tot goed gemeng en hou eenkant. Pak die slaaiblare op ’n dienbord en skep die hoender en lietsjies bo-op. Sprinkel die ui en neute oor en drup die slaaisous oor. Lewer 6 porsies.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *