Klam Choc Koek

image_pdfimage_print

Photo0198

Klam Sjokolade koek

‘n klam koek wat lekkerder smaak ‘n dag nadat dit gebak is.

500ml koekmeel
500ml witsuiker
knippie sout
5ml koeksoda
125g botter
250ml water
125ml sonneblomolie
125ml kakaopoeier
2 ekstra groot eiers
125ml karringmelk

Sif die meel, suiker, sout en koeksoda in ‘n groot mengbak. Verhit die botter, water, olie en kakaopoeier in ‘n kastrolletjie. Roer om te meng, laat die mengsel opkook en verwyder dadelik van die hitte. Laat effens afkoel. Giet oor die meelmengsel en meng deeglik. Klits die eiers en karringmelk saam en voeg dit by die meelmengsel. Bak vir 25 – 30 min in koekpanne of ‘n groot ringpan teen 180 C.

Versiersel

60g botter
30ml kakaopoeier
45ml karringmelk
5ml vanielje essens
375 versiersuiker

Smelt botter 1 min lank in mikrogolf, Haal uit en roer die kakaopoeier, karringmelk vanielje en versiersuiker by. Meng tot glad en smeer oor die koek (die lekkerte van hierdie versiersel is dat dit oorgesmeer kan word al is die koek nie heeltemal afgekoel nie)

Nog ‘n lekker versiersel wat ek maak vir die koek is:

250ml suiker
45ml mielieblom
45ml kakaopoeier
7ml koffiepoeier
375ml water
50g botter

Meng al die bestandele saam in kastrol en verhit stadig. Roer aanhoudend tot die mengsel dik is. Laat effens afkoel. Smeer tussen en buite om koeklae! Ek vat dan wit en bruin sjokolade, smelt dit en “drizzle” dit oor die koek!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *