KOFFIE BRAAISOUS

image_pdfimage_print

10303798_692647210834426_1461336691107519266_n

Hierdie braaisous kan gebruik word as ‘n marinade of gewone sous vir hoender, bees of vark.

1 ui, gekap
2 e olyfolie
1 k tamatiesous
½ k asyn of sterk swart koffie
½ k bruinsuiker
1 knoffelhuisie, gekap
½ k gekapte pikantrissies
2 e mosterd
2 t gedroogte fyn rissies

METODE:
Braai uie in die olyfolie tot ligbruin. Voeg die res van die bestanddele by.
Laat die sous ongeveer 10 – 15 minute prut. Wag tot die sous effens afgekoel het en verwerk dan tot fyn.
Hierdie sous kan 2 – 3 weke in jou yskas hou.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *