Koffietert

koffietert

LEWER 1 TERT VAN 23 CM
Bereiding: 45 minute
Verkoeltyd: 2-3 uur

KORS
100 g semelbeskuitjies wat in
sjokolade gedoop is, fyn
gedruk
25 g botter, gesmelt
VULSEL
140 ml water
45 ml (3 e) sterk swart koffie
12 g gelatien
3 eiers, geskei
60 g strooisuiker
125 ml (½ k) room, geklits
AFRONDING
100 g beskuitjies wat in sjokolade gedoop is, in die helfte gesny
125 ml (½ k) room, geklits
koffiebone vir versiering

KORS Meng al die bestanddele en druk teen die boom van ’n veerklamppan.
VULSEL Meng die water en koffie. Week die gelatien 5 minute daarin.
Verhit die mengsel stadig tot die gelatien gesmelt het. Moet dit nie laat kook nie. Klits die eiergele en suiker tot verdik oor ’n kastrol waarin water prut. Verwyder van die hitte en hou aan klits tot die mengsel afgekoel het.
Voeg die eiergeelmengsel by die koffiemengsel en klits goed.
Klits die eierwitte tot sagte punte vorm en vou dit en die room by die mengsel in.
Giet die mengsel oor die kors en laat dit 2-3 uur in die yskas stol.
AFRONDING Keer die tert uit en plak die halwe koekies aan die kante met ’n bietjie geklitste room vas. Versier met die orige room en koffiebone.