Konfyt vir diabete

image_pdfimage_print

10429856_615441228555025_5988687452556655572_n

Konfyte vir Diabete
Appelkoos-en-pynappelkonfyt
250 g gedroogde appelkose
600 ml water
500 ml vars pynappel, in blokkies gesny, harde kern weggegooi
30 g (50 ml) gepelde amandels, grof gekap
sap van 1 groot suurlemoen
25 ml vloeibare kunsmatige versoeter OF na smaak
Week appelkose oornag in water. Plaas appelkose met water in groot kastrol,
voeg pynappel by. Laat kook. Verlaag hitte, prut, onbedek, sowat 25 minute,
tot dik. Plaas in bak of voedselverwerker, verwerk ‘n paar sekondes, tot net
grof gekap. Plaas mengsel terug in kastrol, voeg amandels en suurlemoensap
by, prut 3 minute. Voeg versoeter by, roer goed. Verwyder van hitte, verkoel
effens. Giet in war, droe, gesteriliseerde fles, bedek oppervlak met sirkel
waspapier in brandewyn gedoop. Verseel wanneer koud, plak etiket op en bere
in yskas.
Lewer sowat 650 ml, of 65 x 10 ml porsies

+++++++++++++++++++++++++++++++++
Peer-en-lemoenkonfyt
Bere tot 2 weke in yskas. Gebruik binne ‘n week nadat dit oopgemaak is.
750 ml onversoete peersap
1 pakkie Jelliepoeier vir Diabete (lemoengeur) Genoeg om vir een liter vloeistof
te laat stol. (Sien aanwysings op pakkie)
5 ml vloeibare kunsmatige versoeter OF na smaak
12,5 ml fyngekapte vars kruisement
10 ml fyngerasperde lemoenskil
Kook peersap. Roer jelliepoeier in tot opgelos. Voeg versoeter, kruisement en
lemoenskil by, roer goed. Verwyder van hitte, laat effens afkoel. Giet in warm,
droe, gesteriliseerde fles, bedek oppervlak van konfyt met sirkel waspapier in
brandewyn gedoop. Laat heeltemal afkoel. Verseel, plak etiket op en bere in
yskas.
Lewer 750 ml, of 75 x 10 ml porsies.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *