KORINGSLAAI

image_pdfimage_print

15233_10202356811239906_710223932949624645_n

Kook een koppie stampkoring saam met 4 koppies water waarin 2 eetlepels suiker, 2 stukkies pypkaneel, teelepel sout, teelepel borrie, teelepel kerrie en eetlepel fyn koljander gevoeg is. Kook op laag op stoof of medium in mikrogolf tot koring sag en uitgedy is. Laat heeltemal afkoel en as daar nog water in is gooi af want die koring suig nog vloeistof op soos dit afkoel. Maak sous aan wat halwe koppie mayo is waarin jy volgende gooi na gevoel en smaak chutney, sweet chilli sous, asyn en sout en peper. 410g blik perske stukkies kleiner gesny en gedreineer/ green pepper stukkies/ peppadew in stukkies gesny/ appel in stukkies met skil nog aan en 125g pitlose rosyne. Meng alles goed deur en verkoel tot benodig.

Die slaai hou hele paar dae in yskas.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *