Korslose Melktert

image_pdfimage_print

Korslose melktert

• 4 groot eiers, geskei
• 250 ml witsuiker
• 30 ml gesmelte botter, plus ekstra vir smeer
• 250 ml koekmeel
• 5 ml bakpoeier
• 1 liter melk
• kaneelsuiker en bloubessies (opsioneel) om voor te sit

1 Verhit die oond tot 180 ˚C en smeer ’n tertbak van 1,5 liter met botter.
2 Klits die eiergele en suiker saam. Voeg die gesmelte botter by. Sif die meel en bakpoeier saam. Vou dit by die eiermengsel in en meng goed.
3 Voeg die melk bietjies-bietjies op ’n slag by. Klits die eierwitte tot styf, maar nie droog nie. Vou dit liggies by die melkmengsel in. gooi in die gesmeerde bak.
4 Bak in die verhitte oond vir omtrent ’n uur of tot gestol.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *