LEMOENKOEK

image_pdfimage_print

10703933_339853006195682_646831045814105896_n

Ek maak koek aan net met draadklitser en gebruik geen elektrieseklitser nie:

4 eiers
2 k suiker
(verroom hierdie 2 bestandele) en voeg nou alles gelyk by:

2,5 k bruismeel – gesif
2 plat t bakpoeier
Knippie sout
Fyngerasperde skil van 2 lemoene
Half koppie uitgedrukte lemoensap
Half koppie melk
Gee net paar vinnige hale met draadklitser – nie oormeng nie

Gooi in pan en bak vir 55 minute by 350 (180) grade
Hierdie koek kan ook lekker in een van die reghoekige pyrexbakke gebak word as jy nie die regte koekpanne het nie. Die stukkies wat gesny word kom ook verder as die opmekaar ronde koeke.

VERSIERSEL:
So ongeveer 750gr versiersuiker (hang af van die grote van die koek)
So ongeveer 150 gr margarien of sagte botter – soms bietjie meer
Fyngerasperde skil van 1 lemoen – soms bietjie meer as koek groot is
Half koppie uitgedrukte lemoensap
Klein bietjie melk

Ek speel maar so rond met die versiersuiker en toets hom tot hy reg is, want my bestandele verander soos ek lus voel die dag.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *