Lemoenkoek

image_pdfimage_print

10710827_725723707483559_4578811000135701821_n

Naudéa Visser


Resep:
1 1/2 koppie suiker
4 eiers
Skil van 2 lemoene en dan klits mens daai mengsel vir 10min tot dit wit en donsig is.

Sif 2 koppies koekmeel waarvan 2 eetlepels meel verwyder is, 2 opgehoopte eetlepels maizena, 3 teelepels bakpoeier en knypie sout saam en klits by eier mengsel in.

Kook in pot saam 1 1/2 koppie vars uitgedrukte lemoensap, 2 eetlepels olie en 2 eetlepels margarien en wanneer alles gesmelt is gooi oor deeg mengsel en vou met spaan in tot goed gemeng en baie lug ingewerk is om die beslag “fluffy” te maak. Gooi gelyke hoeveelhede in 2 koekpanne wat uitgevoer is met waspapier en gespuit is en bak by 180 grade C vir 25-30min.

Leave a Reply to Marie Pretorius Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *