Lezaan se brood en botter poeding

image_pdfimage_print


(8 – 10 porsies)

4 – 6 croissants (hang af van die grootte)
4 eetlepels (60 ml) botter + ekstra vir smeer
3 koppies (750 ml) melk
1 koppie (250 ml) room
4 eiers
½ koppie (100 g) suiker
Verhit oond tot 180 °C.

Smeer ’n vuurvaste plat bak mildelik met botter of margarien. sny croissants in skywe van 1 cm dik. pak in lae in gesmeerde bak. smelt botter en gooi melk en room by. Klits eiers tot lig en romerig en voeg suiker by. Klits deeglik. Meng eiermengsel met melkmengsel. Gooi mengsel oor croissants. Laat staan vir ongeveer 1 uur sodat die melkmengsel in die croissants kan intrek. plaas in warm oond en bak vir 40 minute.

Bolaag

2 koppies (400 g) suiker
1 koppie (250 ml) botter
2 eiers
5 ml vanieljegeursel
1 koppie (100 g) pekanneute – gebreek met rolstok om kleiner stukkies te kry
1 koppie (250 ml) “choc chip”-sjokoladestukkies
½ koppie (125 ml) goue stroop
Klits eerste 4 bestanddele saam en smeer oor warm, gebakte poeding. strooi pekanneute oor en dan die “choc chip”-stukkies. Plaas terug in oond en bak nog 20 minute.

Haal nagereg uit oond en drup goue stroop met ’n lepel in ’n dun straaltjie bo-oor. sit voor met vla, sjokolade- of vanieljeroomys of room.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *