Maak jou eie LIKEUR

10329090_812953358761201_6447580164156202267_n

Hier is n paar maklike resepte om te maak vir die vakansie. Dit werk mens soveel goedkoper uit om dit self te maak !!

AMARULA CREAM
1 tablespoon coffee (any kind of coffee eg Ricoffy)
8 shots whiskey
1 can condensed milk
200ml full cream
1 teaspoon honey
Mix coffee, whiskey, condensed milk, full cream and honey and mix well.Pour into bottle and leave in fridge for 7 days. Shake daily.
Makes a 750ml bottle of amarula cream

FLUWEEL LIKEUR:
1 blik kondensmelk
1 blik Ideal melk
10ml vanilla
200ml whiskey
5ml sterk koffie
Meng kondensmelk, Ideal melk en vanilla saam. Meng koffie met die whiskey en voeg by die melk mengsel. Klits goed en bedien of bottel en bêre in yskas

CAPE VELVET CREAM
450 ml whiskey
1 x 397g kondensmelk, volroom
30 ml kits-sjokoladepoeier
10 ml koffiepoeier
5 ml vanieljegeursel
Klits al die bestanddele baie goed saam tot goed gemeng. Gooi likeur in droë gesteriliseerde bottels, sit prop op, verseël en entiketteer. Plaas in yskas vir minstens 3 weke voor gebruik om die geur te ontwikkel. Daarna sal dit ongeveer 6 maande in die yskas hou. Lewer 1 liter.

KOFFIELIKEUR
200 ml witsuiker
200 ml water
500 ml brandewyn
5 ml vanilla
30 ml kitskoffiekorrels, opgelos in ‘n bietjie kookwater
Plaas die witsuiker en water in ‘n kastrol en verhit terwyl gedurig geroer word, totdat al die suiker opgelos is. Laat kook sowat 6 minute lank om ‘n dik stroop te vorm. Voeg die res van die bestanddele by en meng goed. Giet in ‘n skoon fles en draai die deksel toe. Bêre sowat 2 weke lank voordat jy dit gebruik.
Lewer 450 ml likeur.

KOFFIELIKEUR KAHLUA
375 ml bruinsuiker
1 k witsuiker
2 k water
125 ml koffiepoeier
3 k vodka
2 t vanilla
Meng suikers en water. Kook 5 minute. Voeg geleidelik die koffie by, terwyl met ‘n klitser geroer word. Meng goed. Gooi in bottel, voeg vodka en vanilla by. Verseël en laat staan minstens 2 weke. Lewer ongeveer 1,5 liter.