Marieta se choclate poeding

image_pdfimage_print

sjokolade poeding

WARM SJOKOLADEPOEDING

DEEG
150 g bruismeel
25 g kakao
200 g strooisuiker
100 g donker sjokolade
180 ml melk
5 ml vanilla
40 g botter – gesmelt
1 eier

SOUS
180 g bruinsuiker
120 g kakao
500 ml kookwater

Sif bruismeel en kakao saam
Voeg strooisuiker by
Kap sjokolade in blokkies en voeg by
Voeg eier by
Klits melk, botter en vanilla saam en voeg by
Meng goed met elektriese handmenger
Gooi mengsel in gesmeerde 23 cm oondbak
Klits sous bestanddele saam en gooi oor deeg
Bak in 180 grade Celsius oond vir 1 uur
Mengsel moet gestol wees
Sit warm voor met room of roomys

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *