MARMITE TERT
Deur Barbara Joubert, SARIE KOS – Somer 2007
Jy kan die Marmite met Bovril vervang as jou kinders nie van Marmite hou nie
•500 ml meel
•10 ml bakpoeier
•2 ml sout
•100 g botter
•2 eiers
•250 ml melk
•500 ml gerasperde cheddarkaas
•60 ml Marmite
•60 ml botter
Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Smelt die 100 g botter en voeg die gesifte droë bestanddele by. Klits die eiers en melk saam en voeg by die bottermengsel. Roer die kaas by. Gooi in ‘n gesmeerde bak (20 cm x 15 cm) en bak vir 15 minute teen 200 °C. Smelt intussen die Marmite en 60 ml botter saam. Wanneer die tert uit die oond kom, gooi die Marmite-mengsel oor. Sny in blokke.
MARMITETERT:
250ml gerasperde cheddarkaas
125ml gerasperde cheddarkaas vir bo-oor
250ml koekmeel Vryf margarine in tot lyk soos
10ml bakpoeier fyn broodkrummels voeg 250ml
1ml elk: sout en peper kaas by
125gr margarine
200ml melk Klits saam en voeg by meel. Roer tot 2 eiers by kamertemperatuur ‘n slap deeg Stel oond op 180°C. Skep in gesmeerde tertbord en gooi 125ml kaar bo-oor. Bak vir 30 min. Sodra tert uit oond kom, gooi die volgende oor:
30ml gesmelte margarien/botter gemeng met 15ml marmite en ekstra kaas indien verlang. Bedien warm.
Leave a Reply