Mielie-marmite-tert

image_pdfimage_print

Mielie-marmite-tert
deur Barbara Joubert
‘n Ou gunsteling lyk soos ’n nuwe gereg met ’n skep mielies by.


genoeg vir 8 – 10

• 280 g (500 ml) koekmeel
• 1 ml sout
• 10 ml bakpoeier
• 1 gaar mielie, aan die stronk
• 250 ml melk
• 2 eiers
• 200 g (220 ml) botter, gesmelt
• 400 g cheddarkaas, gerasper
• 45 ml Marmite
• 55 g (60 ml) botter
Verhit oond tot 180 °C. Sif meel, sout en bakpoeier saam. Sny mieliepitte van stronk af en meng met gesifte meel. Klits melk en eiers saam. Voeg melkmengsel, gesmelte botter en kaas by meelmengsel. Meng goed deur en skep in ’n goed gesmeerde oondbak van sowat 30 x 20 cm. Plaas in oond en bak tert sowat 30 minute. Druk ’n dun pennetjie in die middel van die tert. As dit droog uitkom, is dit gaar. Smelt intussen die Marmite en 55 g botter saam in ’n kastrol. Gooi dié mengsel onmiddellik oor die tert sodra dit uit die oond kom. Laat staan totdat dit heeltemal ingetrek.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *