Mieliepap tert uit die oond

image_pdfimage_print

10703663_701683483233040_6827251333978082199_n

Porsies 6
’n Ongelooflike maklike gereg om met wors of braaivleis voor te sit.
360 g (750 ml) growwe mieliemeel (ons het gewone impala mieliemeel gebruik)
250 ml (1 k) melk
500 ml (2 k) water
60 ml (¼ k)olyfolie
2 x 410 g-blikke suikermielies*sweetcorn
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
½ klein ui, in dun wiggies gesny
6-8 knopiesampioene, in dik wiggies gesny of geblikte sampioene
Pietersielie
1. Voorverhit oond tot 180 °C en smeer ’n vlak oondvaste bak liggies met olyfolie.(ongeveer 20 x 20cm)
2. Roer meel, melk, water, olie en suikermielies in oondbak saam en geur na smaak. Roer weer deur.
3. Strooi ui en sampioene oral oor mengsel, maar moenie weer roer nie. Sprinkel pietersielie oor.
4. Bak vir 1 uur of tot meel gaar en gereg goudbruin bo-op is.

Wenk
1. Laat ui en sampioene uit en skep ’n dik tamatiesmoor bo-op, sprinkel met ’n bietjie kaas en bak soos beskryf. Stukkies gebraaide spek en gekapte groen, rooi en geel peppers kan ook bygevoeg word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *