Moer-in-Pot-Boeresop

image_pdfimage_print

 

1 kg lamskenkels of sopvleis (daar moet murgbene by wees)
2 uie, gekerf
groot pot
water
Braai die uie in bietjie botter/olie/margarien.
Sit die afgespoelde vleis by en braai.
Giet water in die pot en 2 lourierblare (Bay Leaves). Kook die vleis tot sag. Voeg ‘n pak sopmengsel of droë ertjies by en kook verder tot sag.
Giet weer water in pot as dit te min raak.
½ pak macaroni (opsioneel). Gooi dit in die pot en 4 Aartappels geskil ( 2 in blokkies gesny en 2 gerasper ) Sop raak dik. Sit water by en opgesnyde tamaties, en kopkool.
Kook verder tot alles sag is. Geur met sout en witpeper en geniet.

Ns: Jy kan basies enigiets in jou pot sit soos, groenboontjies, blomkool, broccoli, kool, alles wat in die kas is wat bietjies is soos: rys, koring, gort en selfs tapioka.
Dan het jy ‘n baie voedsame pot sop. Jy kan dit vries in 1kg margarien bakkies en as jy dan daarvan uithaal om gaar te maak, sit jy net ½ bak water by en kook dit deur. Hiermee bedien jy lekker gesmeerde brood wat baie magies gaan volmaak. Naomi le Roux

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *