Mrs Balls chutney
Die is absoluut finominaal heerlik, en is die naaste wat jy ooit gaan kom aan Mrs Ball’s
MRS BALL’S Blatjang
(Edward Ball, haar kleinseun, het die oorspronklike grootmaat-resep verklein. Dit maak 18 bottels ( mild) blatjang.
BESTANDDELE:
612 g droe perskes
238 g gedroogde appelkose
3 liter bruin druiwe-asyn
2 +1/2 kg wit suiker
500g uie
120 g sout
75 g cayenne-peper
Om die blatjang sterk te maak, los net die appelkose uit en gebruik 850 g droe perskes.
METODE:
1.Spoel die vrugte goed af en week dit oornag in druiwe asyn
2.Kook vrugte in asyn en dreineer
3. Maal in klein stukkies in n meul ( of versnipper met kombuismes).
4.Gooi die vrugte, suiker ( opgelos in n bietjie asyn) en uie ( gemaal) by en kook in n groot pot in die asyn die hoeveelheid asyn hang af van
die vastigheid: dit moenie te loperig of te dik wees nie
5. Voeg kruie by en kook vir 2-2+1/2 uur
6. Roer nou en dan met n houtspaan dat dit nie vasbrand nie
doen in inle-bottels
met die bottel toe, kan dit jare bewaar word en met die oop, kan jy dit so n half jaar in yskas(koelkast) bere.
Leave a Reply