Ouma se gemmerkoekies

image_pdfimage_print

10678695_867842529922869_7096353100432895286_n

‘n Lekker Maklike Gemmerkoekies Resep

– 200 ml botter of margarien
– 250 ml stroop
– 5 k ongesifte koekmeel
– 20 ml koeksoda
– 20 ml kremetart
– 5 ml sout
– 50 ml fyn gemmer
– 625 ml bruin suiker (nie sag of growwe witsuiker nie)
– 3 eiers

Smelt botter en stroop in groterige kastrol oor lae hitte. Laat afkoel tot lou.
Sit meel, koeksoda, kremetart, gemmer en sout saam.
Voeg eiers by stroopmengsel en roer tot gemeng.
Gooi suiker oor en meng tot suiker net nat is. (Moenie smelt nie).
Gooi gesifte bestanddele by. Meng goed. Laat staat ± 2 uur. Maak bolletjies. Druk effens plat. Bak 10-12 min by 180°C

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *