Pana Cota Tertjies

image_pdfimage_print

pannacotta

Lewer 6 tertjies
Bereiding: 20 min.
Bak: 10 min.
Stol: 4 uur of oornag

KORS
125 g botter
paar druppels roosstroop
125 ml (½ k) versiersuiker
250 ml (1 k) koekmeel
45 ml (3 e) mielieblom
VULSEL
500 ml (2 k) room of helfte natuurlike jogurt
50 g strooisuiker
paar druppels roosstroop
12 ml (2½ t) gelatien
BOLAAG
50 g sjokolade, gesmelt
80 ml ( k) strooisuiker
5 ml (1 t) fyn gerasperde suurlemoenskil
30 ml (2 e) fyngekapte pistachioneute
5 ml (1 t) fyn gesnyde roosblaartjies

Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer 6 losboom-pannetjies.

Kors Plaas al die bestanddele in die voedselverwerker en meng goed deur tot ’n sagte deeg. Vorm in ’n bol, verkoel 10 min. en druk vas in die pannetjies. Bak 10 min.
Vulsel Verhit die room en suiker tot die suiker net gesmelt is; voeg die stroop by. Spons die gelatien in 15 ml (1 e) water en smelt oor matige hitte. Meng met die roommengsel. Giet in die pannetjies; laat stol.
Bolaag Skep die gesmelte sjokolade oor die tertjies. Meng die suiker met die skil, neute en roosblaartjies en sprinkel oor.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *