Pannekoek

image_pdfimage_print

Beste pannekoek resep ooit.
Uit Huisgenoot Wenresepte 2000 deur Carmen Niehaus

500 ml meel
10 ml bakpoeier
2,5 ml sout
2 eiers geskei
125 ml olie
7,5 ml asyn of suurlemoensap
Ongeveer 500 ml water
Ongeveer 500 ml melk

Sif meel, bakpoeier en sout saam
Meng eiergele, olie en asyn/suurlemoensap
Klits eierwitte styf
Voeg helfte van melk en helfte van water by eiergeel mengsel
Klits die vloeistof by die droë bestanddele
Voeg nog water en melk by om loperige beslag te kry
Vou eierwitte in beslag
Laat beslag ‘n rukkie staan voordat jy begin bak. As dit te dik is, voeg nog melk of water by
Drup bietjie olie in pan vie eerste pannekoek. Maak seker pan is warm genoeg. Maak 20 middelslag pannekoeke

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *