patatpoffertjies

image_pdfimage_print

10570521_10152673375114839_1817307358487586225_n

PATATPOFFERTJIES IN STROOP: [Deur Huisgenoot Digitaal] Maak 32 poffertjies
Bereiding: 15 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute
BENODIG:
8 patats, geskil en in dik skywe gesny
STROOP;
60 ml (¼ k) asyn
125 ml (½ k) suiker
200 ml water
stuk gemmer van 2 cm, geskil
en in skyfies gesny
2 kaneelstokkies
5 stukkies nartjieskil
BESLAG;
500 ml (2 k) koekmeel
20 ml (4 t) bakpoeier
5 ml (1 t) sout
60 ml (¼ k) suiker
430 ml (1¾ k) melk
olie vir diepbraai
MAAK SO:
1.Kook die patatskywe tot net gaar en laat effens afkoel.
2.STROOP:
Verhit al die bestanddele in ’n kastrolletjie en roer tot die suiker opgelos het. Laat prut oor matige hitte tot dit met die helfte verminder het.
3.BESLAG:
Sif al die droë bestanddele saam en klits die melk geleidelik by tot ’n gladde beslag vorm.
4.Verhit die olie, doop die patatskywe een vir een in die beslag en diepbraai tot gaar. Dreineer op kombuispapier en giet die stroop oor.
WENK:
Maak gewone strooppatats: Kook die ongeskilde patats in ’n bietjie water tot net sag. Trek die skille af. berei die stroop soos beskryf en voeg die patatskywe by. Kook 10-15 minute tot die patats stroperig is.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *