PATATROL

image_pdfimage_print

1902993_672264999511105_104496236015337480_n

Rencia Odendaal Pretorius

Kook patats tot gaar (sonder suiker) maak fyn – laat afkoel.
Jy kan ‘n rol Puff pastry gebruik of:

Kors:
250gr botter
750ml meel
15ml bakpoeier
2 groot eiers
125ml melk

Metode:
Vryf droë bestandele in
Voeg eiers en melk by en meng goed.
Rol uit, 5 mm dik.
Smeer patats 1 cm dik oor deeg
Plaas bietjie suiker (wit of bruin) en paar klontjies botter onder in bak se bodum.
Rol op en sny skywe van 2.5cm dik en pak in gesmeerde bak

Sous:
Gooi 150 ml suiker (wit of bruin) en 250ml room bymekaar en bring tot kookpunt
Gooi bo-oor patats en bak in oond vir 30/40min by 180° C
Ek het bruinsuiker vir die resep gebruik. ***Rencia Odendaal Pretorius***

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *