PIZZA MET BLOMKOOL-KORS

image_pdfimage_print

10420095_852111634819632_3148407358989490853_n

Hierdie is een van die beste LowCarb pizza korse wat daar is. Baie moeilik om te glo dit word van blomkool gemaak! Die geheim is dat die blomkool ordentlik gedreineer moet wees, anders val jou kors uitmekaar uit – en ‘n pizza moet mos lekker aan die kors opgetel kan word!

250 ml gekookte en “gerysde” blomkool (kyk resep vir “Kamma Rys”)
1 eier
250 g mozzarella kaas
5 ml origanum
30 ml suikervrye tamatiesous
150 g spek, gaar en opgekap
150 g sampioene, in skyfies gesny en gaar
30 g feta kaas, gekrummel
125 g ekstra mozzarella, gerasper

Voorverhit die oond tot 230°C. Spuit ‘n groot tertbord goed met kleefwerende middel. Meng die blomkool, eier en mozzarella saam. Druk die mengsel goed vas in die bord. Sprinkel bietjie origanum en pietersielie bo-oor. Bak vir 15 minute. Verwyder die bord uit die oond en laat effens afkoel. Keer die pizzakors versigtig uit en plaas op ‘n gesmeerde bakplaat. (As jy bang is die kors gaan breek, kan jy dit in die tertbord hou en die vulsels bo-op sit.) Verf die kors met die tamatiesous, sprinkel die spek en sampioene oor. Sprinkel ook die feta oor en die addisionele mozzarella kaas. Plaas onder die roosterlement van die oond en rooster tot die kaas gesmelt is. Bedien warm.
4 Porsies = 120g/Porsie * 1264kJ * Total Fat 33g * Protein 41g
Total Carbs 6.6g * Net Carbs 5.4g

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *