pofadder

image_pdfimage_print

DSC09908 [HDTV (720)]

Kry die harslag van ‘n bok,skaap of springbok
Haal die vliese van die lewer ,hart en niere af en maak skoon soos normaal .

1 Groot ui
Lewer,hart & niere
Vetderm skoongemaak en met koue water deugespoel
Sout – na smaak
Peper – nasmaak
Worcester sous – na smaak
Grof gemaalde geroosterde koljander – 1 teelepel

Sny die ui in kwarte
Sny die lewer , hart en niere in blokke van +/- duim blokkies

Voeg bogenoemde in jou voedselverwerker
Voeg speserye by en en kap met die metaal lem totdat die inhoud korrelrig is en nie ‘n totale pappery nie.

Bind die onderkant van die vetderm toe met ‘n toutjie of hierdie draadjies vir plestieksakkies .
Sny die bekgedeelte van ‘n 2liter plastiek koeldrankbottel af sodat dit ‘n tregter vorm .
Bind die bokant van die vetderm vas waar die prop van die bottel moet wees .

Skep nou die inhoud van die voedselverwerker met ‘n koppie of ander gabba en stop die pofadder . Onthou dit moet nie stokstyf wees nie anders gaan dit bars , so 75 % vol .
Daar gaan vulsel oorbly waarvan jy later koekies mee kan bak .

Braai oor matige kole soos wors . Jy sal sien as die pofadder begin vaal en styf word is dit reg .

Groete uit Namibie
Barry Husselmann

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *