Rooilensiesop (“Dahl”)

image_pdfimage_print

Rooilensiesop.-900x514

RESEP ALETTA LINTVELT FOTO’S LEE MALAN

Daar gaan selde ’n week verby dat ek nie hierdie sop maak nie, dis maklik en vinnig. Rooilensies, uie en kerrie is die basis en vandaar gooi jy by wat jy het. Dié rooilensiesop sit die winter lekker ore aan.

Jy benodig

  • olyfolie of ’n klontjie botter
  • 2 koppies rooilensies
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 huisies knoffel, fyngekap
  • 1 eetlepel kerriepoeier
  • 1 teelepel komynsaadjies
  • 1 teelepel paprika (verkieslik die gerookte soort)
  • 2 groot wortels of ’n ¼ botterskorsie, in blokkies
  • 1 blokkies hoender of groenteaftreksel
  • 4-5 koppies water
  • sap van ’n halwe suurlemoen

Só maak jy

  1. Braai die ui, knoffel en al die speserye saam in ’n bietjie olie of botter in ’n potjie oor die vuur. Braai alles vir ongeveer 5 minute.
  2. Voeg nou die res van die bestanddele en die helfte van die water by. Bring stadig na kookpunt en verminder die hitte sodat die sop prut. Voeg nog water by namate die sop verdik.
  3. Ná omtrent 20 of 30 minute behoort die groente sag te wees. Proe die sop en voeg sout en peper na smaak by. Ek hou van myne met ’n bietjie vars suurlemoensap bo-oor. Gebraaide uie en gekapte sprietuie verleen ook ekstra tekstuur as jy dit bo-oor sprinkel.

Aletta sê: ’n Teelepel elk vars of gedroogde gemmer, vars gekapte rissie en mosterdsaadjies gee die sop ekstra geur. Ander bestanddele wat jy kan byvoeg, is geblikte kekerertjies, vars gekapte spinasie of groenbone.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *