Room Potbrood

image_pdfimage_print

IMG_3181

Dís mos ’n potbrood

Jy benodig

• knoffel na smaak

• sout en peper

• gekapte vars of droë pietersielie na smaak

• 1 kg witbrooddeeg

• 2 wiele fetakaas

• 2 koppies room

Só maak jy

1 Smeer ’n platboompot met ’n bietjie botter. Meng die knoffel, sout, peper en pietersielie by die deeg in en sit dit in die pot.

2 Meng die fetakaas met die room en gooi dit bo-oor die deeg.

3 Bak dit oor matige kole vir 30-40 minute tot die deeg gaar is. Gooi ’n paar kole bo-op die pot om die brood ’n mooi bruin korsie te gee.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *