SALAMI / RUSSIANS / CABANOSSI

image_pdfimage_print

Smoked_Chinese_sausage

Salami speserye, vir elke kombuis,
Sonder MSG, Sonder Potassium, sonder kleursel, en sonder al daai preserveer middels..
7.5 Kg wild of beesvleis
2.5 kg Bees Lyfvet of Brisketvet, of skaapstert
(10kg totaal )
6 eetlepels tafelsout
3 eetlepels Pienksout (red Cure)
1 eetlepel bruin suiker
2 eetlepel Growwe Swart peper
1 eetlepel fyn knoffel
1 eetlepel Paprika
1 eetlepel Rooi peper (Cayene Pepper)
1 teelepel salpeter of Askorbiensuur ( Kry sommer by die apteek)
1 teelepel anys
1/2 koppie droe rooiwyn

Maal die vleis sonder die vet, en vries dit, sny die vet in klein blokkie en vries apart.

Saag dan die gevriesde maalvleis in klein blokkies, en maal dit saam met die vet blokkies deur n 13mm sif..om dit te breek,
Mang al die speserye baie goed deur, en laat staan vir 12 ure in die yskas, of koelkamer. Maal dan alles weer deur die boerewors siffie, 4.5mm -6mm siffie, en stop in derms, of salami derms.laat le in die koelkamer vir nog 24 uur, en hang dan uit vir nog 24 uur om goed af te droog…

Rook dit dan met KOUE ROOK vir 8-12 ure.
Laat hang in n koel plek, om ryp te word vir so 5 dae, dan kan mens begin proe, en geniet

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *