Sandwich Spread

Sandwich Spread Resep met die toestemming van die blad…Lekker Resepte vir die Jongergeslag

1 Engelse komkommer fyn gekap of gerasper
1 ui fyn gekap
2-4 geelwortels fyn gerasper
1-2 groen soetrissies fyn gekap
1-2 rooi soetrissies fyn gekap
750 ml wit druiwe asyn
500 ml mayonaise
METODE:
Meng al die groente in ‘n mengbak, giet die asyn oor en laat 24 uur staan. Dreineer goed. Druk al die vloeistof uit, meng die groente
met net genoeg mayonaise tot dit smeerbaar en goed gemeng is. Skep in skoon flesse en maak dig toe en bere in yskas
Van een van ons Kosmaters Zelda