Sjokolade blokkies

image_pdfimage_print

10906344_782576565131606_6574436492739910191_n

Smelt 250G botter en voeg by 1 1/2 koppie suiker, 1/2 koppie kakao, 4 eiers en 2 teelepels vanielje en klits goed.Voeg nou by 1 1/2 koppie koekmeel en 1/2 teelepel sout en klits goed. Gooi in gesmeerde bak en bak vir 15 min by 180 Grade C of 20min as nog te sag in die middel. Haal uit oond en laat redelik afkoel voor die versiersel oorgesmeer word.Versiersel:Smelt 125G botter en 4 eetlepels melk saam(ek voeg nog paar lepels melk by aan einde as versiersel nie slap genoeg is)Klits 1/2 koppie kakao, 2 1/2 koppies versiersuiker en 1 teelepel vanielje by die botter mengsel en smeer op gebakte laag. Laat heel afkoel voor blokkies gesny word en in houers gebêre word. Ek laat dit sommer in yskas staan oornag en dan sny ek dit eers in blokkies.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *