Sjokolade tertkoek

image_pdfimage_print

Die is nou die enigste sjokolade koek wat ek deesdae bak (eintlik `n tertkoek), dalk het julle reeds die resep, maar ek deel hom anyway !

 

Bestanddele:
Koek:
6 eiers, geskei
1 en 1/2 koppie suiker
3 eetlepels kakao
3/4 koppie warm water
3/4 koppie kookolie
1 teelepel vanilla
3/4 teelepel sout
1 en 1/2 koppie koekmeel
3 teelepels bakpoeier

Sous:
1 en 3/4 koppie suiker
1 teelepel vanilla
2 koppies water
2 hoogvol eetlepels kitskoffie

Versiering:
1 blik caramel
250ml room
1 flake of enige gerasperde sjokolade
glanskersies

Metode:
Koek:
Klits eiergele en suiker tot lig.
Los kakao op in warm water en klits by eiermengsel.
Klits kookolie en vanilla by.
Sif droë bestanddele en vou in mengsel.
Klits eierwitte styf, nie droog nie en vou ook in.
Spuit oondbak 30cm by 24cm met Spray`nCook en giet mengsel in.
Bak, met oondrak in die middel van die oond, by 180 grade C vir 45min.

Sous:
Meng alles saam in `n potjie, roer tot suiker gesmelt is en kook dan vir 5 min.
Haal koek uit die oond, druk gaatjies in en giet die kokende stroop egalig oor die warm koek.
Laat heeltemak afkoel en versier.
* die koek kan bly in die bak waarin dit gebak het, of keer die koek uit op `n mooi bord of wat ookal jy verkies.

Versier die koek met `n dik laag caramel en styfgeklitste room, die flake en kersies.
* selfs `n ganache en neute versiering is heerlik met die koek.
*jy kan die koffie uitlaat uit die stroop en na dit gekook het, kan jy `n lekker skoot
Amarula, Cape Velvet of Kalua ingooi of enige liquer wat jy verkies, verkieslik
nie pepperment geur nie en dan versier soos verkies.

Die koek is jeerlik ! …en nat !

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *