Sjokolade Whisky Fudgekoek

image_pdfimage_print

10647115_350616771765463_1850786880207917440_n

Dié koek is heerlik klam en lekker verby. Moenie bekommerd wees as dit in die middel insak terwyl dit afkoel nie, dis bedoel om so te wees.

LEWER 1 KOEK (8 SNYE)
Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: 1½ uur

180 g ongesoute botter
180 ml (¾ k) strooisuiker
3 eiers, geskei
60 ml (¼ k) whisky
15 ml (1 e) vanieljegeursel
200 g donkersjokolade, gesmelt
250 ml (1 k) bruismeel, gesif
sjokoladekrulle vir versiering

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 23 cm-veerklamppan en voer die boom uit met bakpapier. Smeer die papier ook.

1. Klits die botter en 125 ml (½ k) van die suiker saam tot lig en donsig.
2. Voeg die eiergele, whisky en vanielje by en klits tot goed gemeng.
3. Voeg die afgekoelde gesmelte sjokolade by en klits liggies.
4. Vou die gesifte meel in.
5. Klits die eierwitte tot sagte punte begin vorm en voeg die res van die suiker geleidelik by terwyl gedurig geklits word.
6. Roer ’n kwart van die eierwitmengsel by die sjokolademengsel en vou dan die res van die eierwitmengsel versigtig in.
7. Giet die beslag in die voorbereide pan.
8. Bedek dit met tinfoelie en bak 30 minute.
9. Verwyder die tinfoelie en bak nog 60 minute of tot die koek gaar is.
10. Maak die rand met ’n mes los en laat die koek in die pan afkoel. 11. Versier met sjokoladekrulle.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *