Spinasie en feta Calzone

image_pdfimage_print

Spinach-and-feta-calzone

Maak: 4

Bereidingstyd: 15 minute
Baktyd: 15 minute
Oondtemperatuur: 200 °C

• 10 ml olyfolie
• 1 ui, gekap
• 1 bossie spinasie, skoongemaak en fyngekap
• 500 g gekoopte brooddeeg (te kry by ’n bakkery)
• 30 ml tamatiepasta
• 150 g feta, gekrummel
• 100 g gerasperde mozzarella

1 Verhit die olie in ’n pan en soteer die ui tot sag. Voeg die spinasie en 50 ml water by. stoom vir drie minute met die deksel op. Laat dit afkoel en druk die water uit.

2 Knie die deeg af en rol dit in vier sirkels van 20 cm elk. Smeer die tamatiepasta oor en laat ’n rand van 2 cm.

3 Meng die spinasie en feta saam en geur dit met sout en swartpeper. Sit van die mengsel op een helfte van elke deegsirkel en sprinkel mozzarella oor.

4 Verf ’n bietjie water aan die rande van die deeg. Vou die deegsirkels toe en druk die rande vas. seël dit met die agterkant van ’n vurk. Maak twee snytjies bo in die deeg. Sit dit op ’n gesmeerde bakplaat en bak dit vir 15 minute of tot goudbruin en gaar.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *